Fotostaatmasjien - Bibi Slippers

Wat die hart begeer – Amelia Strydom

Mienke Langeveldt het ’n tweede kans op die lewe ná sy ’n skenkerhart ontvang. 
Sy vind per abuis uit dat die skenker aktrise Sheralize Myburgh was en wil haar dankbaarheid teenoor die wewenaar, Franco, en sy kind, Audrey, bewys sonder dat hulle uitvind wie sy is. 
Daar word gegis dat Sheralize se dood nie ’n ongeluk was nie. Mienke is lugtig vir Franco, maar ook sterk tot hom aangetrokke. Is dit sellulêre geheue? Voel sy net wat Sheralize gevoel het? Of is Franco die man wat Mienke wil hê?

Sag fluister my hart – Schalkie van Wyk

As hoof van die Blanchet-meisieskool word daar van Sandri Blanchet verwag om haar waardig te gedra. Maar toe sakeman Marko Waalstra by haar kantoor inbars en haar van allerhande dinge beskuldig, kap Sandri besonder ónwaardig terug. Die vent weet hoe om haar verkeerd op te vryf. En tog kan sy nie ontken dat sy hul rusie so ’n bietjie geniet nie. Vir ’n rukkie vergeet sy van protokol terwyl die vonke spat. Dit blyk dat Marko besorg is oor sy susterskind, Christiane, wat met Sandri se halfbroer, Jean-Pierre, ’n verhouding het. Toe Marko voorstel dat hy en Sandri mekaar beter leer ken ter wille van dié twee se jong liefde, skop Sandri teë. Maar haar familie nooi Marko om op hul landgoed te kom kuier. Daar sien Sandri ’n sjarmante sy van Marko. Maar hoe kan sy iemand vertrou wat so ’n bedrewe flankeerder blyk te wees? Toe daar ’n anonieme brief by die Blanchets afgelewer word wat Marko en Christiane se identiteit in twyfel trek, is Sandri nog meer onseker oor haar gevoelens vir hom . . .

BOEKKLUB: Emily Hobhouse - Geliefde Verraaier - Elsabé Brits

Hy kom met die skoenlappers – Valda Jansen

Hierdie is een van daardie mooi-mooi-mooi-boeke wat mens nie kan neersit nie. Dit lees soos een lang, liriese gedig en die sinne is só goed aanmekaargeweef dat hulle jou dwing om om te blaai. Met elke bladsy dink jy "Ek moet nou gaan slaap, maar net nog een bladsy" en as jy weer sien het jy die hele boek opgevreet soos 'n romerige stuk kaaskoek. 

As jy my nie glo nie, hier is nog 'n paar menings om jou lekker lus te maak.

 

 

Leserskring se opsomming van Valda se boek.  (Jy kan die boek hier koop!)

 

LitNet se onderhoud met Valda.

 

 

'n Resensie van die boek op Netwerk24.

 

'n Resensie op Sarie se webwerf (jy moet 'n ent afscroll.)

    Kyk hier na die regstreekse uitsending van die bekendstelling van Valda se boek op RSG:

    Elton amper famous April en juffrou Brom – Carin Krahtz

    Carin Krahtz se boek Elton amper famous April en juffrou Brom is dalk vir jongmense bedoel, maar hierdie grootmens het vreeslik lekker daaraan gelees! Mens lag soms hardop en voel verstom oor die moedige manier waarop ou Elton in baie moeilike omstandighede leef, sonder om sy sin vir humor te verloor. 

    Hier is 'n lokprent vir die boek.

    As jy meer oor Carin en Elton wil lees, probeer hierdie skakels:

     

    Ek hoop hierdie is die eerste van vele Elton-boeke – ek sou baie graag wou lees wat hy en sy maatjies verder aanvang.

     

     

     

    Die skaalmodel - Anneli Groenewald

    deur Anneli Groenewald

    Die skaalmodel was vir my só 'n heerlike verrassing van 'n boek! Ek kon nie genoeg kry van Juffrou Berdina, die verteller, se vreemde blik op die wêreld en aweregse uitlatings nie. As alle boeke oor geskiedenis so boeiend was, het ons dalk almal beter geweet wat om ons aangaan. 

     

    As jy meer wil weet oor Die skaalmodel, gaan lees die resensies en onderhoude hier onder:

     

     

    BOEKKLUB: Koors - Deon Meyer

    Deon Meyer se boek Koors is sonder twyfel die lekkerste boek wat ek al vanjaar gelees het. Dit het my aan ander ou gunstelinge soos Cormac McCarthy se boek The Road laat dink, sonder dat mens voel hy het gesteel by McCarthy: dis eg Suid-Afrikaans en wêreldklas.

    Jy hoef egter nie my woord daarvoor te vat nie. Hier is onderhoude oor Koors en resensies van die boek. Lees, dan besluit jy self:

     

    Het jy al Koors gelees? Laat weet my wat jy van die boek gedink het! Stuur 'n e-pos aan bibiboeke@gmail.com.

     

    ONS BESPREEK KOORS SAAM OP 21 SEPTEMBER! SKAKEL IN OM TE HOOR WAT DIE BOEKKLUBLEDE DINK.

     

    Lees-lees deur die lewe

    Om deesdae lees "werk" te kan noem, is een van die beste dinge wat nog ooit met my gebeur het. Elke week is ek bevoorreg om skrywers te ontmoet en hulle boeke te lees, en in hierdie ruimte sal ek vir jou inligting bymekaarmaak oor die skrywers en hulle boeke, sodat jy maklik kan kies wat om volgende te lees ... of dan minstens wat om volgende op die groeiende hopie boeke langs jou bed neer te sit ;)

     

     

    BOEKKLUB: Die dinge van 'n kind - Marita van der Vyver

    Hierdie boek van Marita van der Vyver is in 1994 gepubliseer, en ek het dit vir die eerste maal op hoërskool gelees – seker so in 1998 rond. Ek dink nie ek sal ooit Dalena se woorde aan die begin van die boek vergeet nie:

    ”Stick with me, baby.  Ek kan nie belowe dat ek jou famous sal maak nie.  Maar jy sal fun hê langs die pad.”


    Willie Burger beskryf die boek as volg in 'n resensie vir


    In Die dinge van 'n kind word na die jeugjare van Mart Vermaak in die 1970’s teruggekyk. Dit is 'n grootwordroman oor tieners se ontdekking van seks, dwelms en rock 'n’ roll. Dit is ook 'n terugkyk na 'n tyd van patriargale oorheersing in die gemeenskap – onderdrukkende reëls, onderwysers, politici, vaders, generaals, maar alles word só vaardig en seepglad vertel, met geloofwaardige en gladde dialoog, dat dit “natuurlik” voel – selfs wanneer oor taboe-onderwerpe geskryf word. Die dinge van 'n kind is steeds relevant en ek is bly dat dit weer uitgegee is. 

     

    As jy reeds die boek gelees het, laat weet gerus in die kommentaar-veld wat jy daarvan gedink het.  

     

    Wat dink ander lesers van hierdie boek? Klik hier om hulle menings op Goodreads te lees. 

    Wat dink ander lesers van hierdie boek? Klik hier om hulle menings op Goodreads te lees.