Foto: Adam Heyns.

                                                                                       Foto: Adam Heyns.

Hallo, ek is Bibi. Ek werk in die TV-bedryf in Johannesburg (eintlik meer agter die skerms, as inhoudsregisseur en teksskrywer) maar het per ongeluk in 2015 voor die kamera beland op 'n ander program, en intussen die geleentheid gekry om een van my lewensdrome te bewaarheid: om te lees vir 'n lewe. 

Ek was voorheen 'n boekjoernalis by LitNet en later ook artikelredakteur van die Rapport-tydskrif MyTyd en VISIWanneer ek nie besig is om 'n boek te lees nie, waag ek soms self pen op papier. My eerste digbundel FOTOSTAATMASJIEN het in 2016 by Tafelberg verskyn. 

Jy kan my hier volg op Instagram, of op e-pos praatjies maak by bibiboeke@gmail.com.


my antwoorde op my eie vrae aan boekklublede

1.Wie is jy? Bibi Slippers

2. Waar woon jy? Linden, Johannesburg

3. Wat is jou beroep? Ek is die inhoudregisseur van 'n TV-program, maar werk ook as vryskut-joermalis en kopieskrywer. 

4. Watter boek lees jy vir hierdie boekklub saam met ons? Beide boeke! Want #boekvraat

5. Het jy ‘n aller-gunsteling boek? I Capture the Castle deur Dodi Smith

6. En wie is jou gunsteling skrywer? Die Kanadese digter Anne Carson

7. Waar lees jy die graagste?  Bed, bad en op die strand

8. Watter boeke is op jou lees-wenslys? Iemand het gister vir my The Magician King van Lev Grossman aanbeveel met die woorde: dis Harry Potter vir grootmense. You had me at magician.

9. Watter boek is volgens jou heeltemal overrated? Al daai 50 Shades-nonsens.

10. Is daar ‘n mooi aanhaling uit ‘n boek wat jy met die ander boekklublede wil deel? "There are no events but thoughts and the heart's hard turning, the heart's slow learning where to love and whom.  The rest is merely gossip and tales for other times." -Annie Dillard