Kom ons gesels oor eindes

In gesprekke oor die laaste woorde van boeke, word F. Scott Fitzgerald se klassieke roman The Great Gatsby dikwels genoem. Dit eindig met die sin:

“So we beat on, boats against the current, borne back ceaselessly into the past.”

Ander boeke wat gereeld gereken word onder lysies van beste laaste sinne, is To the Lighthouse deur Virginia Woolf,  Heart of Darkness deur Joseph Conrad en Ulysses deur James Joyce.

Maar wat van Afrikaanse eindes? Skryf hier onder in die kommentare watter boeke volgens jou die mooiste laaste sinne het, sodat ons almal saam agter die beste eindes kan aanlees.

 

DIE BESTE BOEK-VERWANTE INSTAGRAM-PROFIELE

Daar's heelwat lekkerte vir boekwurms op Instagram te vinde - van 'n intieme blik op die lewens van skrywers tot entoesiastiese lesers wat vreeslik baie moeite doen om foto's van hulle boeke te neem. Hier is 'n paar van die beste profiele om te volg vir 'n daaglikse dosis boekgoed.

 

LESERS

@cosyreads

   

 

 

@foldedpagesdistillery

@hotdudesreading

 

@booksandbeans

@catbookclub

SKRYWERS

@oliverjeffers

@deon.meyer.author

@maritavandervyver

@margaretatwoodofficial

@erns.grundling

BIBI*LIOTEEK: THE LITTLE PRINCE

Ek gaan dit kort en kragtig hou oor hierdie boek: As dit nie een van jou gunstelinge is nie, kan ons nie eintlik vriende wees nie.

As jy dié moderne classic nog nie gelees het nie - gaan koop nou dadelik vir jou 'n eksemplaar. Om die waarheid te sê, koop sommer twee - want jy gaan by die eerste lees aan ten minste een mens dink vir wie jy die boek as geskenk wil gee. Daarna gaan jy, binne drie maande, raai ek, jou eie eksemplaar ook weggee. Dis een van daardie boeke wat jy gaan aanhou koop, en aanhou weggee - en dis wat dit so spesiaal maak. Dis ' boek wat aanhou gee en gee vir elke mens wat dit lees - mens moet dit eenvoudig deel.

Hier kan jy lees hoe The Little Prince mens voorberei op die volwasse lewe.

En hier is 15 aanhalings uit die boek wat jou lewe bietjie beter kan maak.

“People have forgotten this truth,” the fox said. “But you mustn’t forget it. You become responsible forever for what you’ve tamed.”

Gedig: DIE DING MET VERE - BIBI SLIPPERS

Die ding met vere

 

dis altyd oggend êrens
daar is iets te make uit die as
daar’s nog heelwat hoepels
en knieknoppe en hanslammers,
verjaarsdagkoeke, wit rokke,
reënwolke en ruikers
daar is soms appels
en partymaal brood
hier en daar selfs geel
tussen die grys
daar is altyd asem
totdat alles asem is
meestal maanlig
altyd hoop

*Hierdie gedig verskyn in fotostaatmasjien, Tafelberg Uitgewers, 2017.  hier is meer inligting oor die bundel. koop jou eksemplaar hier.

 

BIBI*LIOTEEK: MISS PEREGRINE'S PECULIAR CHILDREN

Ransom Riggs se reeks boeke oor Miss Peregrine en haar Peculiar Children is stukke beter as die Tim Burton-fliekverwerking daarvan. Ek het heerlik ontsnap in dié donker fantasie-wêreld, en alhoewel die boeke nie heeltemal so goed is soos die Harry Potter-reeks nie, is dit 'n baie slim konsep, met lekker karakters en 'n boeiende storielyn wat mens tot aan die einde geïnteresseerd hou. 

Ek sou hierdie boeke aanbeveel vir enige iemand wat graag lees vir ontsnapping, vir tieners wat voel dat hulle vreemd en anders is en nêrens inpas nie, en vir aanhangers van reekse soos The Lord of the Rings, The Hunger Games en die Divergent-reeks. 

 

 

NB Uitgewers se 5 lekkerste nuwe kinderboeke + KOMPETISIE

Moeg om dieselfde ou storie oor en oor te lees elke aand? Hier is vyf lekker NUWE stories om oor en oor te lees elke aand - want stories is ons lewe!

 

 

 
 
 
 

Jy kan 'n eksemplaar van elkeen van hierdie boeke wen. Neem deel aan die kompetisie op VIA se Facebook-blad: Lewer daar kommentaar onder die foto van die boeke om in aanmerking te kom.