Bibi kies 5 uitstekende boeke oor die lewe in Suid-Afrika

Suid-Afrika en haar kompleksiteite voel soms te veel om te verwerk, maar dit bly lekker om die land deur die oë van skrywers en digters te kan sien, om dan self beter sin te kan maak van dinge aan die hand van hulle insigte.

Hierdie boeke het my gehelp om die land in 'n ander lig te sien, en ons mense beter te verstaan.

Ek het My Traitor's Heart deur Rian Malan in 'n tweedehandse winkel in Nieu-Seeland raakgeloop, en is baie diep daardeur geraak. Die resensie in die New Yorker sluit af met hierdie woorde: 
 

By evoking some of the ''unconquered'' African reality beneath the morality play the outside world sees, and by showing us the coils of his own torments as a well-intentioned Afrikaner, he sharply expands our understanding of his strange, strange country's complexities.

 

Dekades na die val van Apartheid het die omstandighede waarin baie mense in SA leef nog nie veel verander nie. Hierdie boek is met soveel deernis geskryf, maar hou terselfdetyd 'n spieël op waarin my eie voorreg vir my duidelik geraak het. Ek dink dis 'n meesterstuk!

Suid-Afrikaanse digters se reaksie op die politieke werklikheid van die tyd. Nou nog net so relevant soos dit was toe dit in 2011 verskyn het.

Lees Begging to be Black saam met Country of my Skull en A Change of Tongue. Antjie Krog vra moeilike vrae en kom nie noodwendig by antwoorde uit nie - maar die vraery self is belangrik. 

'n Boek wat elke Suid-Afrikaner eenvoudig moet lees, om te begryp hoe ver ons al gekom het, hoe ver ons nog moet gaan, en hoe groot ons harte kan wees as ons geregtigheid najaag.