Resensie-kompetisie: Emerentia van Tonder resenseer Dis ek, Anna

My gunsteling boek is Dis ek, Anna.

Dit is die heel eerste boek wat ek gelees het en dit was die eerste keer wat ek 'ń boek bo die film kies.

My tannie het vir my die boek gekoop. Ek het die boek op pad huis toe begin lees, ek het toe my bikini aangetrek toe ek by die huis gekom het in die sonnetjie gaan lê en my boek verder begin lees.

Ek was so "into" die boek dat ek hom binne 2 dae klaar gelees het. Ek het net gevoel die boek is eg en die woorde het so realisties gevoel dat ek half voel ek lewe in die boek.

Ek hou ook baie van die feit dat dit ñ ware verhaal was en ek hou van hoe die skrywer in diepte in gegaan het met die details.