Resensie-kompetisie: Karen van Rooyen resenseer Rachel's Holiday

Naam:           Rachel’s Holiday
Skrywer:       Marian Keys
Uitgewers:    
William Morrow Paperbacks
Bladsye:       578
Sterre:          4½ uit 5

Daar is eenvoudig iets wonnerlik aan 'n “addict” wat na ‘n rehabilitasie sentrum toe gaan met ‘n 5 ster hotel ingedagte. ‘n Boek wat mens 2 of 3 keer kan lees met net soveel entosiasme as die eerste keer. Lag dat die geskud van die bed my man wakker maak, huil dat ek neusdruppels in die kombuis moet gaan soek, en 'n amper breekbare deernis met die hoofkarakter Rachel.

Na die boek het ek na haar verlang. Wou ek haar bel om te gaan koffie drink.

 Rachel’s Holiday is ‘n boek wat die hartseer van verslawing weergee op 'n humoristiese maar treffende wyse. Omdat die skrywer Marian Keys self met verslawing gesukkel het is die emosies in die boek rou, en geloofwaardig. Rachel is ‘n text book addict, van ontkenning, self regverdiging, tot woede en skuldgevoelens. In die proses verloor sy alles, haar werk en haar kêrel. Dit is dan wat haar familie intree en sy haar in ‘n rehabilitasie sentrum bevind. Maar Rachel is nie bang nie want ‘n paar spa behandelinge, en Celebrities klink soos net die regte medisyne. In die plek daarvan word sy gekonfronteer met ‘n paar “eina” waarhede oor haarself, en veral haar verhouding met Luke, ‘n man wat actually goed is vir haar.  Kan hy haar vergewe? Is daar vir hulle ‘n happily ever after?  LEES DIE BOEK! DIS VERSLAWEND.