Resensie-kompetisie: Riana van Graan resenseer Die skaalmodel

Die skaalmodel deur Annelie Groenewald was vir my 'n groot gunsteling. Ek het jou onderhoud met haar gesien en het vooraf geweet dat die boek oor Skipskop gaan.

Die hoek waaruit die storie vertel word is werklik interessant. Dat dit eintlik van begin tot einde juffrou Berdina se tugverhoor is. Die kleindorpse mentaliteit kom duidelik na vore met vooroordele teen gekleurdes, afvlerke en kunstenaars. En dis op die ou einde maar die vreeslike hartseer verhaal van Skipskop se ondergang en die mense wat nie 'n kat se kans teen die regering van daardie tyd gehad het nie.

Ek sal die boek vir al my lees-vriendinne aanbeveel.