Lees en geniet: Die beste kosblog vir boekwurms

The Little Library Café is een van die lekkerste kosblogs op die internet – veral vir lesers! Kate Young kook kos wat in boeke beskryf word - alles van die botterbier in Harry Potter tot die ertjiesop in The Witches en die framboosdrankie in Anne of Green Gables.

Hier onder is 'n foto van 'n dis uit my gunstelingboek, I capture the castle, deur Dodi Smith. 

Gaan maak 'n draai op die blog om te kyk of daar iets uit jou gunstelingboek is!

Foto: The Little Library Café. Gaan na thelittlelibrarycafe.com

Foto: The Little Library Café. Gaan na thelittlelibrarycafe.com