Marita van der Vyver se 5 lekkerste Bildungsromans

Die term "bildungsroman" verwys na 'n boek wat gaan oor iemand se vormingsjare of spirituele opgroei, soos Mart se storie in Die dinge van 'n kind. 

Marita van der Vyver het hierdie lysie saamgestel van haar 5 lekkerste voorbeelde van hierdie soort boek. Marita sê:  "Ek kan aan so baie dink dat ek besluit het om myself te beperk tot vroueskrywers - en toe ek steeds aan te veel dink, besluit ek OK, vroueskrywers van die afgelope dertig jaar..."

En hier is hulle nou:

Cat's Eye, Margaret Atwood, Kanada (1988)

Foxfire, Joyce Carol Oates, VSA (1993)

Half of a Yellow Sun, Chimamanda Ngozi Adichie, Nigerië (2006) 

We Need New Names, NoViolet Bulawayo, Zimbabwe (2013)

Valsrivier, Dominique Botha, oor ons eie SA (2013)