Armand Aucamp se 5 boeke wat die lekkerste flieks geword het

As akteur is lees 'n groot deel van Armand Aucamp se werk, maar hy is net so lief vir fliek. Gelukkig is daar uitstekende fliekweergawes van goeie boeke wat beteken dat mens nie hoef te kies nie – jy kan boeklees en fliek ewe veel geniet met hierdie 5 keuses.

 

Patrick Suskind se moordroman "Perfume" is vir die silwerdoek verwerk deur Tom Tykwer. Nie vir diegene wat maklik aanstoot neem nie!

 
 

"Misery" deur Stephen King het 'n klassieke riller geword met Kathy Bates in die hoofrol.

 

Shakespare was nog nooit so cool soos in Baz Luhrman se verwerking van "Romeo and Juliet" nie.

Angelica Huston maak kindertjies bang in die fliekweergawe van Roald Dahl se klassieke kinderboek "The Witches".

lotr book.jpg
LOTRFOTRmovie.jpg

Hulle het gesê dit kan nie gedoen word nie ... maar toe wys Peter Jackson vir almal waaraan Kannie dood is.