Spanning vir ontspanning: Deborah Steinmair se lekkerste plaaslike misdaadboeke

Deborah Steinmair skryf die lekkerste resensie van spanningsverhale ... en wanneer mens haar ontmoet kom jy agter dis omdat sy werklik só lekker aan hierdie boeke lees! Hier is haar plaaslike gunstelinge soos sake nou staan.

Deborah is 'n groot aanhanger van Deon Meyer – en op die oomblik staan Koors vir haar bo al sy ander boeke uit. Sy skryf in Rapport dat sy geen kritiek op dié boek te lewer het nie.

Tuisland is volgens Deborah Karin Brynard se beste boek nog. Sy noem dit 'n "verstommende, verruklike verhaal."

Rudie van Rensburg is nog een van Deborah se gunstelinge. Probeer gerus sy jongste boek, Pirana.

Chris Karsten het nou al 'n streep indrukwekkende spanningsverhale agter die blad, maar vir Deborah is Die verdwyning van Billy Katz die lekkerste.

Martin Steyn se jongste boek, Swartval is nog 'n spanningsverhaal wat Deborah aangegryp het.

Die spanning bou op in elkeen van Irma Venter se boeke, en bereik volgens Deborah 'n hoogtepunt in Skarlaken.

Francois Bloemhof se boek Doodskoot is volgens Deborah sy lekkerste nog.

Laat weet wat jou gunstelinge is deur kommentaar te lewer onderaan die artikel.