BIBI*lioteek: Here I am - Jonathan Safran Foer

Hierdie is die boek waaroor al my vriende aan die einde van 2016 aan die praat was. Ek het my eksemplaar gespaar om op vakansie te lees - en vir my was dit lees 'n reuse plesier! Ek is al sedert sy debuut, Everything is Illuminated, 'n groot aanhanger van Foer. Dis 'n ouer en meer ontnugterde Foer wat hier skryf, maar hy het nogsteeds die kapasiteit om die alledaagse te verhef tot iets magies en verbluffend. Ek het swaar gesluk aan my trane teen die einde, en dit het my met heelwat gelaat om oor na te dink - veral wanneer dit by verhoudings kom. 

Lees dit beslis is jy sy vorige boeke geniet het, en oorweeg dit as jy vrae het oor die lewenssiklus van lang verhoudings.