Drie goeie selfhelpboeke oor verhoudings

Ek hou van boeke oor verhoudings, want hel, ek weet nie of dit net ek is nie, maar dis die moeilikste ding op aarde! Ek probeer elke jaar iets oor verhoudings lees, en die afgelope jare het die volgende boeke uitgestaan.

1. Essays in Love - Alain de Botton

Seker die mees sobere boek wat ek nog oor verhoudings gelees het. Dié een was vir my goud werd - veral om afstand te doen van romantiese ideale wat mens eintlik net laat seerkry.

Lees hier  meer oor die boek.

2. Modern Romance - Aziz Ansari

Kyk, jou ouma het destyds gedink haar liefdeslewe was gekompliseerd ... maar sy hoef nooit te gewonder het hoe lank om te wag voor sy 'n Whatsapp antwoord, of die ooraanbod op Tinder te navigeer, of met 'n ex op sosiale media gekonfronteer word nie. Hierdie boek is 'n gids vir liefde in die digitale era - die gemors wat mens laat wens jy moes eerder cope met 'n opsitkers.

3. The Art of Loving - Erich Fromm

Ek moet hierdie outjie nog klaarlees, maar hy is op my Kindle sodat ek gereeld daarin kan dip. Iemand het die boek so paar jaar gelede vir my aanbeveel, en dit word ook hoog aangeprys deur Maria Popova, skrywer van die blog Brain Pickings. 

Lees Maria se artikel oor die boek hier.

Net om jou 'n voorsmakie te gee, 'n aanhaling:

This book … wants to show that love is not a sentiment which can be easily indulged in by anyone, regardless of the level of maturity reached by him. It wants to convince the reader that all his attempts for love are bound to fail, unless he tries most actively to develop his total personality, so as to achieve a productive orientation; that satisfaction in individual love cannot be attained without the capacity to love one’s neighbor, without true humility, courage, faith and discipline. In a culture in which these qualities are rare, the attainment of the capacity to love must remain a rare achievement.

Laat weet my tog as jy van ander boeke weet wat verhoudings bietjie minder duister maak – mens kan nooit genoeg oor dié onderwerp lees nie!