Met ander woorde: Bibi se gedagtes oor digkuns (soos gesteel by ander digters)

Onthou julle my digbundel Fotostaatmasjien, waaroor ek in die eerste reeks van In die bed met Bibi vertel het? As jy die bundel al gelees het sal jy weet dat ek nie werklik reken mens kan iets nuut of oorspronklik sê nie. Daarom kies ek in hierdie post kortpad, en antwoord my eie vrae oor digkuns in ander digters en denkers se woorde. Geen sin daarin om my eie woorde te vind om te probeer sê wat ander alreeds so perfek vasgevang het nie. 

HOE WEET MENS IETS IS POËSIE?

Jy vra vir Emily Dickinson! 

If I feel physically as if the top of my head were taken off, I know that is poetry.

NEE MAAR REGTIG NOU, IN GEWONE TAAL - WAT IS POËSIE?

Ek is geneig om met Rita Dove saam te stem hieroor.

Poetry is language at its most distilled and most powerful.

Ek hou ook van Christopher Fry se idee:

Poetry is a language in which man explores his own amazement

WAT DOEN DIGTERS?

Hierdie woorde van Jean Cocteau is 'n mooi opsomming van dit waarmee digters doenig is:

The poet doesn’t invent. He listens.

WAAR VIND MENS POËSIE?

In digbundels. En op die internet. Maar ook, soos James Tate sê, oral:

Poetry is everywhere; it just needs editing.

WAT AS EK NIE DIE POËSIE VERSTAAN NIE?

Dan maak jy soos TS Eliott sê. 

Genuine poetry can communicate before it is understood.

IS DIGTERS GEK?

Jong, ja en nee. Soort-van-amper. Soos Christopher Morley dit stel:

The courage of the poet is to keep ajar the door that leads into madness.