Chick lit met breins

As jy een van daardie mense is wat gedink het Chick Lit is geheel en al breindood, is dit tyd om weer te dink. Net omdat 'n boek baie prettig is om te lees, beteken dit nie dat dit nie ook slim en weldeurdag kan wees nie.  

Hierdie artikel op die feministiese webwerf Bustle verduidelik waarom mens nie sommer net Chick Lit moet afskryf nie. 

Sophie Kinsella

Sophie Kinsella

As jy bereid is om jou vooroordele oor Chick Lit opsy te skuif, sal jy moontlik hierdie 20 titels geniet wat Popsugar aanbeveel vir lesers wat van lig hou, maar nie leeg nie:

GoodReads het ook 'n heerlike lys van slim Chick Lit. Jy kan dit hier vind.

Laat weet my as jy 'n aanhanger van slim Chick Lit is - ek hoor graag wat jy lees!