Die Bailey's-prys vir skryfwerk deur vroue: Hier is die kortlys

Die Bailey's Prize, 'n spesiale prys wat fiksie deur vroulike skrywers vereer, word vanjaar vir die 22ste keer uitgedeel. Vorige weners van die prys sluit Lionel Shriver, Zadie Smith en Chimamanda Ngozi Adichie in. Daar is ses boeke op die kortlys vir vanjaar se prys. Die wenner word in Junie bekend gemaak. 

Die kortlys is:

Stay With Me deur Ayọ̀bámi Adébáyọ̀̀ (Nigeria) Canongate

The Power deur Naomi Alderman (UK) Viking

The Dark Circle deur Linda Grant (UK) Virago

The Sport of Kings deur C.E. Morgan (USA) 4th Estate

First Love deur Gwendoline Riley (UK) Granta

Do Not Say We Have Nothing deur Madeleine Thien (Canada) Granta

Ek het die afgelope naweek The Power deur Naomi Alderman gelees, en dit het my beslis lus gemaak om die ander boeke op die kortlys ook beet te kry. The Power werk met 'n baie oorspronklike en uitdagende konsep, en mens se kop draai teen die tyd dat jy klaar gelees het – heelwat stof tot nadenke, maar ook 'n baie goeie storie wat jou beetpak, en dan moet jy aanhou lees om te kyk hoe sake uitdraai. 

 

Jy kan op die Bailey's Prize se webwerf meer gaan uitvind oor al die boeke op die kortlys.