BIBI*LIOTEEK: Anthropology - Dan Rhodes

As dit kom by kort-kortverhale, is daar volgens my niemand beter om te lees as Dan Rhodes nie. Ek is gek oor die stories in Anthropology - 101 vreemde klein liefdesverhale wat elk uit presies 101 woorde bestaan. Die karakters vang bisarre goed aan, die aksies en reaksies is onverwags en die humor is vars en onbekend. As jy ook van skrywers soos Dave Eggers en Miranda July hou, behoort jy ook baie van die stories in hierdie versameling, en Rhodes se ander boeke te hou.

Jy kan nog 'n resensie van die boek hier lees.