BIBI*LIOTEEK: I AM PILGRIM – TERRY HAYES

By my heel eerste amptelike vergadering met my uitgewer oor die boek wat uiteindelik fotostaatmasjien sou word, het Riana Barnard (in daardie tyd uitgewer by Tafelberg) Terry Hayes se boek I am Pilgrim vir my aanbeveel. Ek het dit daardie selfde dag nog op my kindle afgelaai n myself vinnig in die storie verloor. Wat. 'n. Plot! Hoe iemand hierdie soort intrige uitdink, en kophou van al die draaie wat sy storie loop, en dan weer al die drade op die einde netjie bymekaartrek, gaan my verstand te bowe! Ek het dadelik die boek vir my pa ook gaan koop, en hy was net so gek daaroor as ek. 

Hierdie blog post op die Amerikaanse Huffington Post uit 2014 besing I am Pilgrim as die beste boek van die jaar. Ek kan nie onthou wat ek alles in 2014 gelees het nie, maar I am Pilgrim was beslis onder my gunstelinge van 2015. En ek is seker hy hou in 2017 steeds water. 

Laat weet my wat jy daarvan gedink het wanneer jy die boek gelees het. En stuur 'n foto van I am Pilgrim in jou bibilioteek ;)