BIBI*LIOTEEK: MISS PEREGRINE'S PECULIAR CHILDREN

Ransom Riggs se reeks boeke oor Miss Peregrine en haar Peculiar Children is stukke beter as die Tim Burton-fliekverwerking daarvan. Ek het heerlik ontsnap in dié donker fantasie-wêreld, en alhoewel die boeke nie heeltemal so goed is soos die Harry Potter-reeks nie, is dit 'n baie slim konsep, met lekker karakters en 'n boeiende storielyn wat mens tot aan die einde geïnteresseerd hou. 

Ek sou hierdie boeke aanbeveel vir enige iemand wat graag lees vir ontsnapping, vir tieners wat voel dat hulle vreemd en anders is en nêrens inpas nie, en vir aanhangers van reekse soos The Lord of the Rings, The Hunger Games en die Divergent-reeks.