Gedig: DIE DING MET VERE - BIBI SLIPPERS

Die ding met vere

 

dis altyd oggend êrens
daar is iets te make uit die as
daar’s nog heelwat hoepels
en knieknoppe en hanslammers,
verjaarsdagkoeke, wit rokke,
reënwolke en ruikers
daar is soms appels
en partymaal brood
hier en daar selfs geel
tussen die grys
daar is altyd asem
totdat alles asem is
meestal maanlig
altyd hoop

*Hierdie gedig verskyn in fotostaatmasjien, Tafelberg Uitgewers, 2017.  hier is meer inligting oor die bundel. koop jou eksemplaar hier.