Boekklubbespreking: Elders

DIE KRITICI SÊ:

Vir Erns was die Camino nie net ’n staptog nie, maar ’n reis van die siel, ’n gewaarwording van die self wat hy al te goed kan beskryf.
— http://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/wanneer-die-reis-die-bestemming-is-20170424
Elders is Grundling se binnereis wat hy eerlik, op die man af, maar ook met sy kenmerkende fyn sin van waarneming met lesers deel.
— http://www.netwerk24.com/ZA/Paarl-Post/Nuus/elders-is-n-hartsreis-20170524-2
 

DIE SKRYWER SÊ:

 

WAT SÊ JY?

Gesels saam deur jou mening hier onder in die kommentaarveld te tik. Almal wat ELDERS saam met ons lees wil graag hoor wat jy dink!

Boekklubbespreking: Eindspel

DIE KRITICI SÊ:

Met die intrapslag is Wilna Adriaanse se Eindspel ’n wenner met ’n eerste sin wat lui: “Dis skemeraand toe Ellie die dorpie inry”. Dit adem die atmosfeer van ’n Western wat versterk word deurdat sy sommer dadelik die enigste kroeg op die dorp binnestap. Die aankoms van die onbekende . .
— Cas van Rensburg - Netwerk24
Lesers sal hulle kan verkneukel in ’n voortreflike vertelling wat dadelik vra na ’n herlees.
— Jonathan Amid - Netwerk24

DIE SKRYWER SÊ:

WAT SÊ JY?

Gesels saam deur jou mening hier onder in die kommentaarveld te tik. Almal wat Einspel saam met ons lees wil graag hoor wat jy dink!

Boekklubbespreking: 1795

DIE KRITICI SÊ:

Daar is onderliggend aan die roman ook die tema van die held wat nooit sy vermoëns tot volle ontplooiing kan bring nie, wat op ’n byna tragiese wyse gedoem is om sy positiewe en dienende ingesteldheid al hoe meer te internaliseer en om al hoe meer na binne te lewe. Die uitbeelding van William van Reede van Oudtshoorn as so ’n figuur werp lig op die afwesigheid van helde in bepaalde historiese periodes, maar ook op die magteloosheid van die denkende individu teen die meeslepende krag van ’n politieke en finansiële magspel.
— http://www.litnet.co.za/litnet-akademies-resensie-essay-1795-deur-dan-sleigh/
In die hande van ‘n mindere skrywer sou die gaapkurwe hoog gewees het, maar Sleigh laai die gegewe met drama.
— http://joanhambidge.blogspot.co.za/2016/09/n-nota-by-dan-sleigh-se-roman-1795.html

DIE SKRYWER SÊ:

WAT SÊ JY?

Gesels saam deur jou mening hier onder in die kommentaarveld te tik. Almal wat 1795 saam met ons lees wil graag hoor wat jy dink!