Boekklubbespreking: 1795

DIE KRITICI SÊ:

Daar is onderliggend aan die roman ook die tema van die held wat nooit sy vermoëns tot volle ontplooiing kan bring nie, wat op ’n byna tragiese wyse gedoem is om sy positiewe en dienende ingesteldheid al hoe meer te internaliseer en om al hoe meer na binne te lewe. Die uitbeelding van William van Reede van Oudtshoorn as so ’n figuur werp lig op die afwesigheid van helde in bepaalde historiese periodes, maar ook op die magteloosheid van die denkende individu teen die meeslepende krag van ’n politieke en finansiële magspel.
— http://www.litnet.co.za/litnet-akademies-resensie-essay-1795-deur-dan-sleigh/
In die hande van ‘n mindere skrywer sou die gaapkurwe hoog gewees het, maar Sleigh laai die gegewe met drama.
— http://joanhambidge.blogspot.co.za/2016/09/n-nota-by-dan-sleigh-se-roman-1795.html

DIE SKRYWER SÊ:

WAT SÊ JY?

Gesels saam deur jou mening hier onder in die kommentaarveld te tik. Almal wat 1795 saam met ons lees wil graag hoor wat jy dink!