RETHA COETZEE

Naam:

Retha Coetzee (nèe Bezuidenhout)

Waar woon jy? 

Centurion, Gauteng

Beroep: 

Uitgetrede beroepsvrou (was ’n tipiese career woman), tans n ‘deeltydse’ PA – hou my eintlik voltyds besig - vir Chris (my wederhelf)

Watter boek lees jy vir hierdie boekklub saam met ons?

Verlorenkop en Vir die voëls

Het jy ‘n aller-gunstelingboek? 

 The English Patient – Michael Ondaatjie; Prince of Tides – Pat Conroy

 En wie is jou gunstelingskrywer? 

 Sjoe, meer as een:  Ettienne van Heerden, Andre P Brink, Khaled Hosseini….

 Wat lees jy die graagste? 

 Goeie novels; Afrikaans of Engels, enige storie wat my iets gee om oor na te dink, waaroor ek ure agterna kan tob, bv. A Thousand Splendid Suns – Khaled Hosseini

 Watter boeke is op jou lees-wenslys? 

Og, so baie – Recipes for Love and Murder – Sally Andrew; Trek – Winnie Rust; Koors – Deon Meyer

 

Watter boek is volgens jou heeltemal overrated? 

Die Sideboard – Simon Bruinders

 

Is daar ‘n mooi aanhaling uit ‘n boek wat jy met ons wil deel? 
 

“Teach them the quiet verbs of kindness, to live beyond themselves” – Pat Conroy, The Prince of Tides

 

RENATA REDELINGHUYS

Naam: Renata Redelinghuys-Stols

Beroep: Aktrise/ Bloemiste/ Boer-se-vrou

Gunsteling aanhaling uit ‘n boek:
As 'n ywerige reisiger het ek 'n aanhaling van 'n aanhaling in C. Johan Bakkes se 'Openbaring' veral geniet:

All great adventures have moments that are really crap - Ellen Potter.

 

Kort biografie: Gebore en getoeë Pretorianer wat groener weivelde in die Weskaap gaan soek en wel gevind het. Na 'n gedobbery in politieke wetenskap en bedryfsielkunde aan die Universiteit van Stellenbosch het ek rigting in die lewe gekry en drama aan die Universiteit van Kaaptad gaan studeer. 'n Vrystaatste mielieboer het my voete onder my uitgeslaan en nou bevind ek myself in Bothaville waar ek my omring met blomme - en mielies - natuurlik.

Een boek wat jy nie kon neersit nie:
Infanta - Deon Meyer

Een boek wat jy nie kon klaarlees nie:
Persomi - Irma Joubert

’n Boek wat jou laat huil het:
Vaselinetjie - Anoeschka von Meck

’n Boek wat jou hardop laat laghet:
The hundred year old man who climbed out the window and disappeared.

Waar lees jy?
In die bed, op die bank, op vakansie...

Wat lê tans op jou bedkassie?
Herinneringe aan Parys van André P. Brink en Nuwe Stemme 4.

Die beste boek wat jy in 2016 gelees het:
Al die kortverhale in 'Op hulle stukke' saamgestel deur Jeannette Ferreira.

Die lekkerste kinderboek:
Elke liewe boek wat deur Roald Dahl geskryf is.

n Boek wat jy vir ‘n boekklub sou aanbeveel:
Sirkusboere - Sonja Loots

‘n Boek waarna jy uitsien:
Ek het 'n klomp 'classics' op my boekrak wat ek (tot my skande) nog nooit gelees het nie, maar waarna ek nog uitsien, o.a. The old man and the sea - Ernest Hemmingway, Disgrace - JM Coetzee, True grit - Charles Portis, In stede van die liefde - Etienne van Heerden.

 

ALANKA CRAFFERT

Alanka Craffert is nie ’n tipiese plaasmeisie nie. Van kleins af het haar enorme verbeelding gesorg dat sy haarself pens en pootjies in ander wêrelde plaas. Soms sou sy singend op ’n swaai sit, ’n hanslam op die skoot. Ander kere sou jy haar weer met ’n kamera in die hand betrap waar sy ’n maatjie of familielid op ’n video verewig. Sy het reeds as laerskoolleerder kortverhale oor vriendelike (dog vurige) drake met polkadots geskryf of haarself in haar verhaal ingeleef as ’n openbare swembad wat kliphard lag wanneer mense se tone sy “bodem-magie” kielie. Storievertel, vermaak en kuns is wat Alanka van kleins af gelukkig maak. Sy het al by verskeie kunstefeesverhoë (KKNK, Woordfees, Aardklop) haar lyf aktrise gehou, in ʼn rolprent of twee gespeel en is tans besig met die vestiging van haar eie kreatiewe konsultasiefabriek – “DIVAlanka”. Alanka verdien tans haar brood en botter deur vir Tixsa (ʼn privaat, aanlynkaartjiebesprekingstelsel en eenstop-geleentheidsbestuur-en-toegangsbeheerstelsel) te werk. Wanneer die wêreld haar druk, ontsnap sy met ’n glas wyn terwyl sy perspektief vind in ’n Liewe Heksie-boek of haar ander Bybel, die Groot Verseboek.

Een boek wat jy nie kon neersit nie:

Voorvaders kan vlieg, sê Delores – Reinet Nagtegaal

 

Een boek wat jy nie kon klaarlees nie:

 “Audrey Blignault: uit die dagboek van 'n vrou”  - Marié Heese

 

’n Boek wat jou laat huil het:

Man’s search for meaning deur Victor E. Frankl 

 

’n Boek wat jou hardop laat lag het:

 Onse Hymie – Ettienne Le Roux

 

Waar lees jy?
Oral waar ek ‘n tydjie kan afknyp. Dit waarmee ek my besig om brood & botter te verdien, vereis dat ek baie reis. Ek het dus altyd ‘n boek in my handsak, laptop-sak of motor. Ek pluk ‘n boek enige plek in die publiek uit soos sommige ma’s wat sommer so borsvoed in die publiek man. Soms is dit in restaurante vir kliëntebesoeke, ander kere in wagkamers, soms onder ‘n sonsambreel by musiekkonserte – maar my gunsteling plek is op ons familie-plaas waar ek die berg agter die plaashuis kan uitklim en op my droomklippe kan sit en lees.

 

Wat lê tans op jou bedkassie?

Mits deze wil ek vir jou sê – Briewe van Hennie Aucamp

Die Groot Verseboek

Not that kind of girl deur Lena Dunham

Verlorenkop – Celeste Fritz

Daar’s vis in die Punch – Jackie Nagtegaal

Die beste boek wat jy in 2016 gelees het:

 (Ag nee man… hoe kies mens dan nou) As ek reeegtig moet kies, A year of yes deur Shonda Rhimes

 

Die lekkerste kinderboek:

 Sussie Seekoei red ’n apie,  en natuurlik enige van die LIEWE HEKSIE boeke!

 

’n Boek wat jy vir ‘n boekklub sou aanbeveel:

Klimtol – Ettienne van Heerden

 

’n Boek waarna jy uitsien:

Goudduiwel deur Duane Asslett (En natuurlik ‘n ene Bibi se bundel in November)

 

 

WORTEL STRYDOM

Naam: Wortel Strydom

Beroep: Sakejoernalis en skryf ook soms

Gunsteling aanhaling uit ’n boek:

 "Some men are born mediocre. Others achieve mediocrity. And some have mediocrity thrust upon them. With Major Major it had been all three."  Joseph Heller – Catch 22

 

Kort biografie:

Skryf so gereeld ek kan. Het al in Sirië gebraai, in Argentinië rugby gespeel en in Ierland wittebrood gehou. Drink wyn en koffie en bier en water. Het al resepteboeke vertaal, maar trek 'n salaris uit nuus wat die markte beweeg. Hou van lui mense wat uitstyg.

Een boek wat jy nie kon neersit nie:

 Slaughterhouse 5 deur Kurt Vonnegut. Dis so snaaks, so waar en so perfek aanmekaargesit.

Een boek wat jy nie kon klaarlees nie: 

Nick Harkaway se Goneaway World. Ek sal weer probeer. Post-apokalipties vang jou gewoonlik van die begin af. 

 ’n Boek wat jou laat huil het:

Remains of the Day, maar moet asb. vir niemand sê nie. Ook Watership Down.

 

’n Boek wat jou hardop laat lag het: 

Catch-22. Dikwels. En meeste van Kurt Vonnegut se werk. Ook Nick Hornby se Long Way Down.

Waar lees jy?

 Op die trein en op die troon.

Wat lê tans op jou bedkassie?

Half of a Yellow Sun en vreemd genoeg 'n bundel kortverhale van Frederick Forsythe - hy was beter toe ek jonk was..

Die beste boek wat jy in 2016 gelees het:

 Die Skaalmodel - Anneli Groenewald. Maar Harry Kalmer se Duisend Stories oor Johannesburg is 'n sterk tweede plek.

 

Die lekkerste kinderboek:

Otto gaan skool toe. 

’n Boek wat jy vir ‘n boekklub sou aanbeveel:

 Lees H is for Hawk en sê my wat julle daarvan dink.

 

‘n Boek waarna jy uitsien:

No More Champagne - dis 'n finansiële biografie van Winston Churchill deur David Lough

 

YVONNE BEYERS

Naam: Yvonne Beyers

Beroep: Joernalis

Gunstelingaanhaling uit ’n boek:

 “He was a vacuum masquerading as an enigma.” – uit Martin Amis se Money

 

Kort biografie:

Yvonne is ’n assistentredakteur by Huisgenoot en aan die stuur van Huisgenoot en YOU se span in Johannesburg. Sy was voorheen die redakteur van By, die Saterdag-bylaag van Beeld, Die Burger en Volksblad. Sy het as joernalis stories gejaag vir Huisgenoot, Insig, Beeld en Die Burger en was die aanbieder van Flits op kykNET. Sy is die ma van twee seuntjies – die een hou van stories en boeke, die ander een van balle en honde.

Een boek wat jy nie kon neersit nie:

 A.S. Byatt se The Children’s Book.

Een boek wat jy nie kon klaarlees nie:

 Thomas Pynchon se Gravity’s Rainbow.

’n Boek wat jou laat huil het:

 Die boek wat my pa geskryf het oor sy visvang- en ander herinneringe, Waaraan ek dink as ek terugdink.

’n Boek wat jou hardop laat lag het:

 Die tweede boek in Karl Ove Knaussgaard se My Struggle-reeks, A Man in Love. Dit het my laat dink aan episodes uit my eie lewe (en my laat verstaan hoe my man soms voel wanneer die huishoudelike chaos van ’n lewe met twee kinders en ’n moeë vrou om hom afspeel.)

Waar lees jy?

 In die ou dae: Oral. Deesdae: Saans in die bed, wanneer almal in die huis slaap.

Wat lê tans op jou bedkassie?

 ’n Stapel New Yorkers en Huisgenote en The Kingdom and the Power, Gay Talese se wonderlike boek oor The New York Times.

Die beste boek wat jy in 2016 gelees het:

Bogenoemde. My gunstelingboek van alle gunstelinge (daar is sowaar so iets) is Roberto Bolano se kortverhaalbundel, Last Evenings on Earth.

Die lekkerste kinderboek:

 My ma het ’n liefde vir stories en lees by my aangewakker en ek het as kind elke boek in die kinderafdeling van Port Elizabeth se biblioteek gelees. Maasdorp was my lewe, en ook die Anne of Green Gables-reeks. My vierjarige seuntjie se huidige gunsteling is die Asterix-boeke. Hy vra kort-kort oor die een of ander karakter: “Hoekom lyk hy so kwaai?”

’n Boek wat jy vir ’n boekklub sou aanbeveel:

 Harry Kalmer se ’n Duisend Stories oor Johannesburg.

‘n Boek waarna jy uitsien:

My vriendin Bibi se debuut-digbundel, Fotostaatmasjien. (Hahahahaha! Ek belowe ek het haar nie betaal om dit te sê nie – Bibi)

RENTIA BARTLETT

Naam: Rentia Bartlett-Möhl
Beroep: Redakteur
Gunsteling aanhaling uit ’n boek:
“Mensen hebben warmte nodig. Daarop leven ze. Daarvan leven ze. Die warmte is geen misdaad. Het gebrek eraan is de misdaad.” 
Arnon Grunberg, Tirza

Kort biografie: 

Rentia Bartlett-Möhl (1985) studeer BA Beeldende Kunste by die Universiteit van Pretoria, Afrikaans Nederlands by die Universiteit van Stellenbosch, vergelykende letterkunde by die Universiteit van Utrecht en het haar MA in Afrikaans Nederlands by die Universiteit van Stellenbosch met cum laude voltooi. Vanaf 2010-2015 was sy teksredakteur by onder andere die kuns- en kultuurjoernaal Pomp, LitNet en by die Vlaams-Nederlandse kultuurhuis deBuren in Brussel. Sy is tans 'n redakteur by Protea Boekhuis en werk met alle soorte boeke: fiksie, niefiksie, poësie, vertalings en kinderboeke.

Een boek wat jy nie kon neersit nie:

Zoo city van Lauren Beukes

 

Een boek wat jy nie kon klaarlees nie:

James Joyce se Ulysses

 

’n Boek wat jou laat huil het:

Boven is het stil van Gerbrand Bakker

 

’n Boek wat jou hardop laat lag het:

Fear of flying, Erica Jong

 

Waar lees jy?

In die Gautrein, in die bed, in die tuin, by my lessenaar

 

Wat lê tans op jou bedkassie?

101 Detectives van Ivan Vladislavic

Het verdriet van België, Hugo Claus

Op 'n eiland, Karel Schoeman

When rain clouds gather van Bessie Head

 

Die beste boek wat jy in 2016 gelees het:

The Signature of all things van Elizabeth Gilbert. Beetle Boy van M.G. Leonard

 

Die lekkerste kinderboek:

Katrientjie van Keerweder, Alba Bouwer

Brolloks en Bittergal van C.J. Langenhoven

Momo van Michael Ende

 

’n Boek wat jy vir ‘n boekklub sou aanbeveel:

Enige iets van Kate Atkinson - goeie boekklub-leesstof. 

 

‘n Boek waarna jy uitsien:

Bibi se digbundel Fotostaatmasjien {Hahaha julle - ek het haar nie betaal om dit te sê nie. <3 Bibi}

KYKER WAT LEES: ANNEMARI COETSER

'
1.Wie is jy?
My naam is Annemari Coetser.

 

2. Waar woon jy?
Ek woon in Pretoria en waardeer elke jaar die jakarandas asof ek dit vir die eerste keer sien.

 

3. Wat is jou beroep?
ʼn Afgetrede bibliotekaresse wat skryf, lees, fotograaf speel, reis, kuier.

  

4. Watter boek lees jy vir hierdie boekklub saam met ons?
Ek besluit nog. Ek lees tans The elegance of the hedgehog deur Muriel Barbery en ek moet al my sinne bymekaar hou om hierdie diep, wyse, filosofiese boek mooi te verstaan.

 

5. Het jy ‘'n aller-gunsteling boek? 
The book thief deur Markus Zusak.

 

6. En wie is jou gunsteling skrywer?
Daar is te veel om op te noem, o.a. Jonny Steinberg, Alice Munro, Jojo Moyes, Julian Barnes, en ook baie Suid-Afrikaanse skrywers.

 

7. Waar lees jy die graagste?
In die tuin, op die stoep, in die bed, in die bad. Eintlik enige plek waardaar genoeg lig is.

 

8. Watter boeke is op jou lees-wenslys?
Hierdie drie boeke wag vir my: Flight behaviour/ Barbara Kingsolver, A million little pieces/James Frey en Darkest England/ Christopher Hope. 

 

9. Watter boek is volgens jou heeltemal overrated?
Ek sukkel om dit te beantwoord, want net om ʼn boek gepubliseer te kry is al klaar ʼn hengse gesukkel en dus soort van 'n prestasie. Miskien kookboeke, maar dis net omdat ek nie hou van kosmaak nie.

 

10. Is daar ʼn mooi aanhaling uit ‘n boek wat jy met die ander boekklublede wil deel?

 

 “To live every day as if it had been stolen from death, that is how I would like to live. To feel the joy of life, as Eve felt the joy of life. To separate oneself from the burden, the angst, the anguish that we all encounter every day. To say I am alive, I am wonderful, I am. I am. That is something to aspire to.” – Garth Stein

 

 

Wat ek skryf:
Ek is so ʼn late bloomer dat my eerste boek eers op 60 gepubliseer is, nl. Oop Kaarte. Die daaropvolgende romans was Langverlof en Aan die Windkant. Vlis met Vlerke is ʼn jeugroman wat ook vir skole voorgeskryf is. Al hierdie boeke is deur Tafelberg uitgegee.

 

Die Kamer Langsaan is deur Lapa Uitgewers in 2012 uitgegee.

 

Ek stuur my jongste manuskrip volgende week aan 'n uitgewer. Dan begin ek naels kou!

 

KYKER WAT LEES: MANDI BOSHOFF

1.Wie is jy? 
Mandi Boshoff


2. Waar woon jy? 
Sjoe. Ek weet self nie altyd nie, ons trek baie rond agv my man se werk. Ons tuisdorp en hartsdorp is Jeffreysbaai en dis waarheen ons altyd teruggaan. Tans is ons so min of meer ingeburger in Pretoria, maar het Maandag tydelik Tzaneen toe gekom, waarskynlik vir ‘n paar maande. Voorheen was ons in Oos-Londen, Kimberley en Kigali in Rwanda.

3. Wat is jou beroep? 
Ek werk as ‘n Finansiële Beplanner vir ‘n reisagent. Ons kantore is in Rosebank, Johannesburg maar wanneer ons nie in Gauteng is nie is my kantoor sommer by die huis.

4. Watter boek lees jy vir hierdie boekklub saam met ons?
 Beide

5. Het jy ‘n aller-gunsteling boek? 
Ek is nie ‘n groot leser nie, eintlik is ek glad nie ‘n leser nie (hopelik gaan jou boekklub daardie leemte in my opvoeding vul) Ek het nie juis ‘n gunsteling-skrywer of ‘n gunsteling-boek nie. Ek het op ‘n tyd nogal gehou van Dan Brown se boeke en van al sy boeke staan die Da Vinci Code vir my uit. Ek het ook gehou van John Case se Genesis Code.

Pieter Verwey

Naam:
Pieter Verwey

Beroep:
Skrywer / Kreatiewe Direkteur 

Gunsteling aanhaling uit ‘n boek:

Uit die boek Lords and Ladies van Terry Pratchett, kom hierdie fantastiese aanhaling, wat verduidelik wat ons tans weet van die heelal se begin:

“In the beginning there was nothing, which exploded.” 

 

Kort biografie:

Ek stel myself deesdae graag voor aan vreemdelinge as Pieter Verwey: Meester van Steampunk. Omdat my boek die eerste Afrikaanse Steampunk boek is en ek my Meestersgraad oor Steampunk gedoen het. Eintlik is ek maar net ’n middeljarige nerd wat bedags ’n vryskut kopieskrywer en Kreatiewe Direkteur is. Ek is ook ’n pa, lees graag en aanhoudend, en stel belang in letterlik alles, wat nogal ’n groter probleem is as wat ’n mens sou dink. 

 

Een boek wat jy nie kon neersit nie:

The Shadow of the Wind, van Carlos Ruiz Zafón. My gunsteling boek van alle tye!

 

Een boek wat jy nie kon klaarlees nie:

Zen and the Art of Motorcycle Maintenance, van Robert M. Pirsig, wat almal toe ek op universiteit was, gelees het en daaroor gerave het. Behalwe ek. Ek het gedink dis ’n pot snot.

 

’n Boek wat jou laat huil het:

A Monster Calls, van Patrick Ness. Ek gaan weer huil wanneer ek die film gaan kyk, ek weet sommer nou al. 

 

’n Boek wat jou hardop laat lag het:

Dirk Gently’s Holistic Detective Agency, van Douglas Adams. So hard dat ek van my bed af geval het. 

 

Waar lees jy?

In my bed, waar anders? 

 

Wat lê tans op jou bedkassie?

Ek het nie ’n bedkassie nie. Ek het ’n bedbankie. Omlat ek so vinnig verveeld raak, lees ek ongeveer tussen 15 en 20 boeke gelyktydig. Tans lees ek: Homo Deus, van Yuval Noah Harari; Great Mambo Chicken & the Transhuman Condition, van Ed Regis; Half-Earth, van Edward O. Wilson; The Beak of the Finch, van Jonathan Weiner; The Universe in Your Hand, van Christophe Galfard; The Secret Life of Trees, van Colin Tudge; Bird Sense, van Tim Birkhead; Physics of the Impossible, van Michio Kaku; Life, van John Brockman; en laastens, omdat nie alles diep hoef te wees nie - I Capture the Castle, van Dodie Smith. 

 

Die beste boek wat jy in 2016 gelees het:

Koors, van Deon Meyer. Loshande. 

 

Die lekkerste kinderboek:

Battle Bunny van Jon Scieszca is amazing! Elke kind behoort ’n hardeblad kopie daarvan te kry. 

 

’n Boek wat jy vir ‘n boekklub sou aanbeveel:

The City & the City, van China Miéville.

 

‘n Boek waarna jy uitsien:

Nou al vir ’n paar jaar. Maar net omdat jy omtrent ’n paar jaar nodig het om te fokus daarop: S, van J.J. Abrams en Doug Dorst. 

 

ANNELI UYS

Naam: Anneli Uys

Beroep: Regisseur, draaiboekskrywer en navorser

Gunsteling aanhaling uit ‘n boek:  

“It's not about what it is, it's about what it can become.” ― Dr. Seuss, The Lorax

Kort biografie: Ek is 'n gewone mens, 'n werkende, enkel-ma wat kopkrap oor aandete en kwaad raak vir goed wat breek. Vir meer as 'n dekade is ek werksaam in die TV-bedryf. My beroep het wilde draaie met my geloop, van sepies, na kinderprogramme, oggend-tv en koorkompetisies. My lewe het ook wilde draaie met my geloop en uitdagings gebied, en ek is seker dit sal dieselfde wees in die toekoms, maar wie's nou bang?  Ek het twee pragtige, slim en bedrywige kinders, wat van kleintyd wou stories hoor en boeke lees. Dit fassineer my hoe hulle koppies werk en hoe hulle met van die heel moeilikste vrae in die lewe kan opkom - vrae wat ek as volwassene nog nie eers vir myself kon beantwoord nie (en die antwoorde is ook nie in boeke nie...)

Een boek wat jy nie kon neersit nie: The Alchemist deur Paulo Coelho, 'n vriend het dit vir my geleen en ek het dit gelees terwyl ek 'n in Tanzanië was. 

 

Een boek wat jy nie kon klaarlees nie: Bidsprinkaan - Andre P. Brink

 

’n Boek wat jou laat huil het: Die Klein Prinsie - Antoine de Saint-Exupéry 

 

’n Boek wat jou hardop laat lag het: Die Klein Prinsie - Antoine de Saint-Exupéry 

 

Waar lees jy? Enige plek - op 'n bank, my bed, verkieslik buite en selfs in 'n 4x4 in die Serengeti

 

Wat lê tans op jou bedkassie? Koors - Deon Opperman, Die dinge van 'n kind - Marita van der Vyver

Die beste boek wat jy in 2016 gelees het: Lord of the Rings - ek en my seun het dit saam gelees. 

 

Die lekkerste kinderboek: Net een slukkie, Padda! - Piet Grobler. 

 ’n Boek wat jy vir ‘n boekklub sou aanbeveel: Die Klein Prinsie - Antoine de Saint-Exupéry (ek kan nooit uitgepraat raak oor hierdie boek nie)

 

’n Boek waarna jy uitsien: Enigiets wat ek en my kinders saam kan lees en geniet.

KYKER WAT LEES: ESTER MULLER

1.Wie is jy? Ester Muller

2. Waar woon jy? Garsfontein, Pretoria

3. Wat is jou beroep?
Ek bedryf die admin gedeelte van my en my man se besigheid - Go2Media.

4. Watter boek lees jy vir hierdie boekklub saam met ons?

Die dinge van ‘n kind

5. Het jy ’n aller-gunsteling boek?

'n Hele paar maar Steve Hofmeyer se Laaste Dans, Drienie het ek baie geniet!

 

6. En wie is jou gunsteling skrywer?

Marita van der Vyver en Jodi Piccoult as ek moet kies :)

 

7. Waar lees jy die graagste?

Ek lees graag op my gunsteling-bank in die sitkamer

 

8. Watter boeke is op jou lees-wenslys?

Swartval - Martin Steyn, The Liar - Nora Roberts, The Kept Woman - Karin Slaughter

 

9. Watter boek is volgens jou heeltemal overrated?

Het nog nie op so boek afgekom nie

 

10. Is daar ‘n mooi aanhaling uit ‘n boek wat jy met die ander boekklublede wil deel?

As he read, I fell in love the way you fall asleep: slowly, and then all at once.
— John Green - The Fault In Our Stars

KYKER WAT LEES: KAREN VELDSMAN

Karen Veldsman is een van die kykers van In die bed met Bibi wat hierdie maand saam met ons lees. Sy het 'n paar vrae oor haarself en haar leesgewoontes beantwoord.

 

1. Wie is jy? 
Karen Veldsman

2. Waar woon jy? 
Durban

3. Wat is jou beroep? 
Dieetkundige

 

4. Watter boek lees jy vir hierdie boekklub saam met ons?  Ek het reeds Die dinge van 'n kind gelees so ek lees Koors saam met die boekklub. 

5. Het jy ‘n aller-gunsteling boek? Te moeilik om net een boek te kies

6. En wie is jou gunsteling skrywer? Op die oomblik geniet ek die skrywer Gregory David Roberts se boeke vreeslik baie. 

7. Waar lees jy die graagste? In die bed!

8. Watter boeke is op jou lees-wenslys? A little life – Hanya Yanagihara

As jy ook wil deelneem aan die boekklub, stuur 'n e-pos aan bibiboeke@gmail.com

Byt vas: Die boeke is op pad!

Volgende week sal jy uitvind watter boeke ons saam gaan lees vir die eerste boekklub. Wil jy leidrade hê? Hmmm. Goed. Die eerste boek gaan jou terugneem in tyd, en jou leer presies hoe vinnig om te gryp as jy 'n ekstra sny brood in 'n koshuis-eetsaal wil hê. Die tweede een is 'n hoogs aansteeklike nuwe spanningsverhaal, en uit daai een sal jy leer wat om te maak as die wêreld so hittete sou vergaan. Nuuskierig? Kom kyk volgende Woensdag weer hier!