RENATA REDELINGHUYS

Naam: Renata Redelinghuys-Stols

Beroep: Aktrise/ Bloemiste/ Boer-se-vrou

Gunsteling aanhaling uit ‘n boek:
As 'n ywerige reisiger het ek 'n aanhaling van 'n aanhaling in C. Johan Bakkes se 'Openbaring' veral geniet:

All great adventures have moments that are really crap - Ellen Potter.

 

Kort biografie: Gebore en getoeë Pretorianer wat groener weivelde in die Weskaap gaan soek en wel gevind het. Na 'n gedobbery in politieke wetenskap en bedryfsielkunde aan die Universiteit van Stellenbosch het ek rigting in die lewe gekry en drama aan die Universiteit van Kaaptad gaan studeer. 'n Vrystaatste mielieboer het my voete onder my uitgeslaan en nou bevind ek myself in Bothaville waar ek my omring met blomme - en mielies - natuurlik.

Een boek wat jy nie kon neersit nie:
Infanta - Deon Meyer

Een boek wat jy nie kon klaarlees nie:
Persomi - Irma Joubert

’n Boek wat jou laat huil het:
Vaselinetjie - Anoeschka von Meck

’n Boek wat jou hardop laat laghet:
The hundred year old man who climbed out the window and disappeared.

Waar lees jy?
In die bed, op die bank, op vakansie...

Wat lê tans op jou bedkassie?
Herinneringe aan Parys van André P. Brink en Nuwe Stemme 4.

Die beste boek wat jy in 2016 gelees het:
Al die kortverhale in 'Op hulle stukke' saamgestel deur Jeannette Ferreira.

Die lekkerste kinderboek:
Elke liewe boek wat deur Roald Dahl geskryf is.

n Boek wat jy vir ‘n boekklub sou aanbeveel:
Sirkusboere - Sonja Loots

‘n Boek waarna jy uitsien:
Ek het 'n klomp 'classics' op my boekrak wat ek (tot my skande) nog nooit gelees het nie, maar waarna ek nog uitsien, o.a. The old man and the sea - Ernest Hemmingway, Disgrace - JM Coetzee, True grit - Charles Portis, In stede van die liefde - Etienne van Heerden.