ANNELI UYS

Naam: Anneli Uys

Beroep: Regisseur, draaiboekskrywer en navorser

Gunsteling aanhaling uit ‘n boek:  

“It's not about what it is, it's about what it can become.” ― Dr. Seuss, The Lorax

Kort biografie: Ek is 'n gewone mens, 'n werkende, enkel-ma wat kopkrap oor aandete en kwaad raak vir goed wat breek. Vir meer as 'n dekade is ek werksaam in die TV-bedryf. My beroep het wilde draaie met my geloop, van sepies, na kinderprogramme, oggend-tv en koorkompetisies. My lewe het ook wilde draaie met my geloop en uitdagings gebied, en ek is seker dit sal dieselfde wees in die toekoms, maar wie's nou bang?  Ek het twee pragtige, slim en bedrywige kinders, wat van kleintyd wou stories hoor en boeke lees. Dit fassineer my hoe hulle koppies werk en hoe hulle met van die heel moeilikste vrae in die lewe kan opkom - vrae wat ek as volwassene nog nie eers vir myself kon beantwoord nie (en die antwoorde is ook nie in boeke nie...)

Een boek wat jy nie kon neersit nie: The Alchemist deur Paulo Coelho, 'n vriend het dit vir my geleen en ek het dit gelees terwyl ek 'n in Tanzanië was. 

 

Een boek wat jy nie kon klaarlees nie: Bidsprinkaan - Andre P. Brink

 

’n Boek wat jou laat huil het: Die Klein Prinsie - Antoine de Saint-Exupéry 

 

’n Boek wat jou hardop laat lag het: Die Klein Prinsie - Antoine de Saint-Exupéry 

 

Waar lees jy? Enige plek - op 'n bank, my bed, verkieslik buite en selfs in 'n 4x4 in die Serengeti

 

Wat lê tans op jou bedkassie? Koors - Deon Opperman, Die dinge van 'n kind - Marita van der Vyver

Die beste boek wat jy in 2016 gelees het: Lord of the Rings - ek en my seun het dit saam gelees. 

 

Die lekkerste kinderboek: Net een slukkie, Padda! - Piet Grobler. 

 ’n Boek wat jy vir ‘n boekklub sou aanbeveel: Die Klein Prinsie - Antoine de Saint-Exupéry (ek kan nooit uitgepraat raak oor hierdie boek nie)

 

’n Boek waarna jy uitsien: Enigiets wat ek en my kinders saam kan lees en geniet.