EMMA BEKKER

Ontmoet die eerste lid van die In die bed-boekklub met Leserskring. Onthou, jy kan ook deel word van die boekklub: stuur 'n e-pos aan bibiboeke@gmail.com.

Naam: 

Emma Bekker 

 

Beroep:

Digter/skrywer transformasie terapeut, voorstedelike sjamaan (die moderne weergawe van 'n tannie in 'n voorskoot wat tee en troos bied.)

 

Kort biografie:

 Ek sukkel met hierdie soort goed. Bevriend my op FB as jy meer omtrent my wil weet. 

Gunsteling aanhaling uit ‘n boek:

"Love is the ultimate outlaw. It just won't adhere to any rules. The most any of us can do is to sign on as its accomplice. Instead of vowing to honor and obey, maybe we should swear to aid and abet. That would mean that security is out of the question. The words "make" and "stay" become inappropriate. My love for you has no strings attached. I love you for free." 

                                                                    - Tom Robbins in Still Life with Woodpecker.

 

Een boek wat jy nie kon neersit nie:

Fierce invalids home from hot climates - Tom Robbins

Een boek wat jy nie kon klaarlees nie:

Agaat - Marlene van Niekerk (dis seker 'n literêre doodsonde)

 

’n Boek wat jou laat huil het:

The love of seven dolls - Paul Gallico

 

’n Boek wat jou hardop laat lag het:

The Rosie Project - Graeme Simsion

 

WAAR LEES JY?

In my bed, in my studio, waar daar ook al kans is. Ek het 'n hele klomp boeke op my selfoon. Net vir ingeval.

 

Wat lê tans op jou bedkassie? 

Verskeie digbundels, The Master & Margarita (Mikhail Bilgakov) en Die Aandete (Herman Koch). Maar daar is nog ander boeke ook. Dis bietjie soos 'n argeologiese "tel": baie lae. 

 

Die beste boek wat jy in 2016 gelees het:

Submission - Michel Houellebecq

 

DIE LEKKERSTE KINDERBOEK:

Die man met die pers oë –Charlotte Zolotow

 

’n Boek wat jy vir ‘n boekklub sou aanbeveel:

We need new names - NoViolet Bulowayo

 

‘n Boek waarna jy uitsien:

Affluenza - Niq Mhlongo

Ek het reeds die boek, maar ek moet nog begin lees! 

En dan seker ook na my eie bundel kortverhale. :-) wat nog in my kop sit.