Pieter Verwey

Naam:
Pieter Verwey

Beroep:
Skrywer / Kreatiewe Direkteur 

Gunsteling aanhaling uit ‘n boek:

Uit die boek Lords and Ladies van Terry Pratchett, kom hierdie fantastiese aanhaling, wat verduidelik wat ons tans weet van die heelal se begin:

“In the beginning there was nothing, which exploded.” 

 

Kort biografie:

Ek stel myself deesdae graag voor aan vreemdelinge as Pieter Verwey: Meester van Steampunk. Omdat my boek die eerste Afrikaanse Steampunk boek is en ek my Meestersgraad oor Steampunk gedoen het. Eintlik is ek maar net ’n middeljarige nerd wat bedags ’n vryskut kopieskrywer en Kreatiewe Direkteur is. Ek is ook ’n pa, lees graag en aanhoudend, en stel belang in letterlik alles, wat nogal ’n groter probleem is as wat ’n mens sou dink. 

 

Een boek wat jy nie kon neersit nie:

The Shadow of the Wind, van Carlos Ruiz Zafón. My gunsteling boek van alle tye!

 

Een boek wat jy nie kon klaarlees nie:

Zen and the Art of Motorcycle Maintenance, van Robert M. Pirsig, wat almal toe ek op universiteit was, gelees het en daaroor gerave het. Behalwe ek. Ek het gedink dis ’n pot snot.

 

’n Boek wat jou laat huil het:

A Monster Calls, van Patrick Ness. Ek gaan weer huil wanneer ek die film gaan kyk, ek weet sommer nou al. 

 

’n Boek wat jou hardop laat lag het:

Dirk Gently’s Holistic Detective Agency, van Douglas Adams. So hard dat ek van my bed af geval het. 

 

Waar lees jy?

In my bed, waar anders? 

 

Wat lê tans op jou bedkassie?

Ek het nie ’n bedkassie nie. Ek het ’n bedbankie. Omlat ek so vinnig verveeld raak, lees ek ongeveer tussen 15 en 20 boeke gelyktydig. Tans lees ek: Homo Deus, van Yuval Noah Harari; Great Mambo Chicken & the Transhuman Condition, van Ed Regis; Half-Earth, van Edward O. Wilson; The Beak of the Finch, van Jonathan Weiner; The Universe in Your Hand, van Christophe Galfard; The Secret Life of Trees, van Colin Tudge; Bird Sense, van Tim Birkhead; Physics of the Impossible, van Michio Kaku; Life, van John Brockman; en laastens, omdat nie alles diep hoef te wees nie - I Capture the Castle, van Dodie Smith. 

 

Die beste boek wat jy in 2016 gelees het:

Koors, van Deon Meyer. Loshande. 

 

Die lekkerste kinderboek:

Battle Bunny van Jon Scieszca is amazing! Elke kind behoort ’n hardeblad kopie daarvan te kry. 

 

’n Boek wat jy vir ‘n boekklub sou aanbeveel:

The City & the City, van China Miéville.

 

‘n Boek waarna jy uitsien:

Nou al vir ’n paar jaar. Maar net omdat jy omtrent ’n paar jaar nodig het om te fokus daarop: S, van J.J. Abrams en Doug Dorst.