KYKER WAT LEES: ANNEMARI COETSER

'
1.Wie is jy?
My naam is Annemari Coetser.

 

2. Waar woon jy?
Ek woon in Pretoria en waardeer elke jaar die jakarandas asof ek dit vir die eerste keer sien.

 

3. Wat is jou beroep?
ʼn Afgetrede bibliotekaresse wat skryf, lees, fotograaf speel, reis, kuier.

  

4. Watter boek lees jy vir hierdie boekklub saam met ons?
Ek besluit nog. Ek lees tans The elegance of the hedgehog deur Muriel Barbery en ek moet al my sinne bymekaar hou om hierdie diep, wyse, filosofiese boek mooi te verstaan.

 

5. Het jy ‘'n aller-gunsteling boek? 
The book thief deur Markus Zusak.

 

6. En wie is jou gunsteling skrywer?
Daar is te veel om op te noem, o.a. Jonny Steinberg, Alice Munro, Jojo Moyes, Julian Barnes, en ook baie Suid-Afrikaanse skrywers.

 

7. Waar lees jy die graagste?
In die tuin, op die stoep, in die bed, in die bad. Eintlik enige plek waardaar genoeg lig is.

 

8. Watter boeke is op jou lees-wenslys?
Hierdie drie boeke wag vir my: Flight behaviour/ Barbara Kingsolver, A million little pieces/James Frey en Darkest England/ Christopher Hope. 

 

9. Watter boek is volgens jou heeltemal overrated?
Ek sukkel om dit te beantwoord, want net om ʼn boek gepubliseer te kry is al klaar ʼn hengse gesukkel en dus soort van 'n prestasie. Miskien kookboeke, maar dis net omdat ek nie hou van kosmaak nie.

 

10. Is daar ʼn mooi aanhaling uit ‘n boek wat jy met die ander boekklublede wil deel?

 

 “To live every day as if it had been stolen from death, that is how I would like to live. To feel the joy of life, as Eve felt the joy of life. To separate oneself from the burden, the angst, the anguish that we all encounter every day. To say I am alive, I am wonderful, I am. I am. That is something to aspire to.” – Garth Stein

 

 

Wat ek skryf:
Ek is so ʼn late bloomer dat my eerste boek eers op 60 gepubliseer is, nl. Oop Kaarte. Die daaropvolgende romans was Langverlof en Aan die Windkant. Vlis met Vlerke is ʼn jeugroman wat ook vir skole voorgeskryf is. Al hierdie boeke is deur Tafelberg uitgegee.

 

Die Kamer Langsaan is deur Lapa Uitgewers in 2012 uitgegee.

 

Ek stuur my jongste manuskrip volgende week aan 'n uitgewer. Dan begin ek naels kou!