KYKER WAT LEES: MANDI BOSHOFF

1.Wie is jy? 
Mandi Boshoff


2. Waar woon jy? 
Sjoe. Ek weet self nie altyd nie, ons trek baie rond agv my man se werk. Ons tuisdorp en hartsdorp is Jeffreysbaai en dis waarheen ons altyd teruggaan. Tans is ons so min of meer ingeburger in Pretoria, maar het Maandag tydelik Tzaneen toe gekom, waarskynlik vir ‘n paar maande. Voorheen was ons in Oos-Londen, Kimberley en Kigali in Rwanda.

3. Wat is jou beroep? 
Ek werk as ‘n Finansiële Beplanner vir ‘n reisagent. Ons kantore is in Rosebank, Johannesburg maar wanneer ons nie in Gauteng is nie is my kantoor sommer by die huis.

4. Watter boek lees jy vir hierdie boekklub saam met ons?
 Beide

5. Het jy ‘n aller-gunsteling boek? 
Ek is nie ‘n groot leser nie, eintlik is ek glad nie ‘n leser nie (hopelik gaan jou boekklub daardie leemte in my opvoeding vul) Ek het nie juis ‘n gunsteling-skrywer of ‘n gunsteling-boek nie. Ek het op ‘n tyd nogal gehou van Dan Brown se boeke en van al sy boeke staan die Da Vinci Code vir my uit. Ek het ook gehou van John Case se Genesis Code.